Gedagte vir die dag: ’n Aandgebed

bybel_stilte_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon. (Psalm 4:9)

Hier in Suid-Afrika moet ons baie veiligheidsmaatreëls tref wanneer ons gaan slaap. Is die hek na die straat gesluit? Die motors toe, die garage gesluit? Die veiligheidshekke almal toe? Die vensters (diefwering en al) toe, of op ’n skrefie? Die gangdeur toe? Die honde los? Veiligheidsligte aan? Alarm gestel? Ja, die meeste van ons leef so – ons moet! Moenie onverantwoordelik optree, maar dan bely dat jy net op God vertrou nie. Ons het altyd ’n verantwoordelikheid – en ons moet dit nakom.

Dis egter net die helfte van die prentjie. Die ander helfte is dat jou voorsorg net só ver kan gaan. Die res is in die Here se hande. Nadat jy jou deel gedoen het, moet jy die nag in die Here se hande laat en rustig gaan slaap. Uiteindelik is dit Hy wat vir jou verantwoordelikheid neem. Ons is geroep tot verantwoordelikheid – nie tot vrees nie. Kruip in jou sagte bed in, sê dankie en … ja, lekker slaap!

Almagtige Vader, hou u hand vannag oor my – plaas u engele reg rondom my huis! Amen.

Bron:
Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.