God het vir ons ’n belofte sowel as ’n eed gegee. Hierdie twee dinge waarborg dat God sy woord sal hou. En so het ons wat onsself aan God toevertrou het, ’n kragtige aansporing om vas te hou aan die vooruitsig wat vir ons wink. Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom. (Hebreërs 6:17-19)
Ek weet daar is dae wanneer dit vir jou voel of Ek ver is. Die lewe bring omstandighede wat vinnig en sonder waarskuwing verander, maar EK IS in beheer van alles. Alhoewel jou lewe in verskillende rigtings beweeg, bly Ek altyd dieselfde – gister, vandag en tot in ewigheid. My liefde en voorsiening vir jou is ewig. Dit is die anker waarin jou hoop moet woon. As jy gevul is met vrees en onseker is van die toekoms ondersoek jou hart en jou gedagtes.
Fokus opnuut op My en nie op die omstandighede in jou lewe nie. Besef dat Ek die detail van jou lewe kan beheer, al kan jy nie. Ek wil hê jy moet tot My nader wanneer die storms op die see van die lewe dreig om jou te verswelg. Onstuimige water kan jou laat wegdryf; daarom moet jy deur my beloftes aan jou hoop geanker wees. Ek wil hê jy moet sterk en standvastig wees terwyl jy ten alle tye op My vertrou. Dit is my Woord wat jou verseker dat die oorwinning wag, maak nie saak wat jou in die gesig staar nie. Die lewe se storms sal kom, maar EK IS jou skuilplek. Wanneer jy jou hoop op My vestig, sal Ek jou siel anker sodat jy genoeg geloof sal hê om dit hierdeur te maak.
AMEN!!!!!!
Amen. :)
Dis So waar en pragtig.
Hoekom kan ek dit nie copy en paste na iemand wat nie internet vd doeleindes kan gebruik nie?
Dagsê Elizabeth
Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.
Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan klik “print”. As jy nie ʼn drukker het nie, kan jy die dokument dalk in ʼn .pdf-formaat (elektronies) druk – dan kan jy makliker daarmee werk.
Groetnis
Landi
nms Maroela Media