Gedagte vir die dag: ’n Begeerte na kennis en begrip

 Bybel_lees_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Moet tog nie betrokke raak in twisgesprekke en geslagsregisters of in twiste en struwelinge oor die wet nie, want dit is onproduktief en tevergeefs. (Titus 3:9)

Is dit belangrik om reg of regverdig te wees? Ons kan maklik die Skrif wat God vir ons gegee het in ’n instrument van twis en verdeeldheid verander. In plaas daarvan om met ’n nederige hart op die Woord te reageer, gebruik ons dit om dié om ons te veroordeel.

Dalk laat julle Bybelstudie julle meerderwaardig voel teenoor ander. Vrees kan julle dring om te leer wat God se “reëls” is om sy liefde te “verdien”. Die Bybel kan ’n instrument word wat julle hoogmoedig maak eerder as om julle hart en verstand te vernuwe.

Dink na oor hoe die Bybel julle lewe saam vorm. Daag dit julle uit om die Here lief te hê en te gehoorsaam? Dring dit julle om Hom te loof? Help dit julle om mense wat in die sonde verlore is met genade te behandel?

Vra vir God om vandag vir julle ’n nuwe perspektief op sy Woord te gee. Bid vir ’n opregte begeerte na kennis en begrip. Probeer vrykom van wettisisme en konflik met ander. Laat die Here se liefde en wysheid julle lewe oorspoel.

Here, dankie vir u Woord wat ons die pad na verlossing leer. Help ons om u waarheid te ken en volgens u wil te lewe. Maak ons nederig en gee dat ons daarna sal strewe om u Woord al beter te verstaan. Amen.

Bron:
Mnr & Mev – 366 oordenkings vir egpare deur Rob & Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

De Villiers ·

Dit spreek so waar. Hierdie dagstukkie sluit ook mooi aan by 1 Kor.3: 1-9.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.