Gedagte vir die dag: ’n Bekende stem

richtersveld.jpg

Richtersveld Foto: gocampingsa.wordpress.com

Wanneer die herder al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. (Joh 10:4)

Hierdie idioom was bekend vir die mense in die Midde-Ooste. Die skaapwagters in daardie tyd het nie skape aangejaag nie, maar voor die skape uitgeloop en weiding en beskutting gesoek. Die skape sou nooit ’n vreemdeling gevolg het nie, want hulle het nie sy stem geken nie. Hulle sou net die herder volg, want hulle het sy stem geken.

Volgelinge van Jesus is soos hierdie skape – nie verstandloos nie, maar bekend met hul Herder se stem. Hulle weet hoe Hy klink. Hulle kan sy stem onderskei tussen honderd ander stemme. Hoe so? Eerstens omdat die Gees van Christus ín hulle is en tweedens omdat hulle baie tyd in sy teenwoordigheid deurbring. Daar is nie ’n ander manier nie. Hulle ken sy karakter en hulle ken sy stem. Dis altyd dieselfde.

Moenie tevrede wees met kort afskeeptye saam met Jesus nie. Maak tyd om sy woorde te lees en daaroor te mediteer. Maak tyd om te hoor wat Hy sê – ook saam met ander dissipels. Leer onderskei hoe Hy klink.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.