Gedagte vir die dag: ’n Beplande pad

Argieffoto (Foto: uniquedesign52, Pixabay)

Argieffoto (Foto: uniquedesign52, Pixabay)

’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming. (Spreuke 16:9)

Die lewe kan jou langs paaie lei wat jy nooit verwag het of op wou stap nie. Wanneer jy op ’n pad afgedwaal het wat nie deel van my wil vir jou is nie, sal jy agterkom dat jy voortdurend gefrustreerd is en sonder vrede leef. As Ek jou lei en rig, sal jy al jou hindernisse kan oorkom.

Elke worsteling is ’n geleentheid om na My te draai sodat Ek jou na ’n plek in jou geloof kan bring waar jy ten volle kan begryp dat jou lewe volkome in my hande is. Ek wil altyd jou pad rig sodat jy die oorwinning sal behaal met elke tree wat jy in die geloof gee.

Ek weet jy maak planne, maar Ek het groter planne vir jou – planne om vir jou hoop vir die toekoms te gee, planne om jou voorspoedig te maak. Ek wil nie hê jy moet die lewe op jou eie probeer uitpluis nie. Ek wil nie hê jy moet op jou eie insigte staatmaak nie, maar op My sodat Ek jou paaie kan bepaal en dit reguit kan maak. Ek wil hê jy moet My toelaat om jou tree vir tree te lei, My toelaat om te doen wat jy nie kan nie. Aanvaar die uitdagings wat kom, vertrou My volkome in en deur dit alles, en Ek sal sorg dat jy elke keer as oorwinnaar leef. Gee jou wil aan Myne oor; Myne is altyd beter.

Bron:
God fluister jou naam deur Cherie Hill
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Roela ·

Dankie Vader dat u my pad vir my beplan het telkemale het ek n afdraai pad gevat vandag weet ek U het die regte pad v my ek hoef nie meer alleen te wees nie U gaan die pad , U pad saam met my loop. Prys U naam ek is gereed Jesus .

Tollies ·

Amen Amen Mag dit die wysheid van elkeen wees wat n besluit moet neem
om te Glo en vertrou en Sy naam te bely vra na Sy volmaakte wil Prys die Here

Oebie ·

“GROTER PRENTJIE”
Ek stem saam. Dis nie die Here toelaat in my lewe nie maar eerder deel word van Sy Lewe.
Hoe groot is jou god? Is die Here, die almagtige God wat hemel en aarde gemaak het vir jou soos ‘n klein godjie wat jy kan hiet en gebied om jou lewetjie lekker te maak (maak gesond, gee werk, gee sukses in die transaksie) of of gaan dit vir jou regtig oor Sy wil: inval by waarmee Hy besig is om Sy Koninkryk te bou? Sukses te behaal om jou eie lewe in lyn te kry met Sy hart? Voorspoedig te wees met verhoudinge bou eerder as afbreek?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.