Die grootste tragedie is wanneer mense nie God se uitnodiging aanvaar nie. Hy staan by die deur van ons hart en klop – ons moet Hom net innooi. Dit is die grootste besluit wat ons ooit kan maak, een met ewige gevolge.
Die Here sê vir Samuel: “Moenie kyk hoe hy lyk of hoe groot hy is nie. Ek wil hom nie hê nie. Dis nie wat ’n mens kan sien wat tel nie. Mense kyk na iemand se buitekant. Ek, die Here, kyk na ’n mens se hart.” (1 Samuel 16:7, Die Boodskap)
Almal wat Hom aangeneem en in Hom geglo het, aan hulle het Hy die reg gegee om kinders van God te wees. (Johannes 1:12, Die Lewende Bybel)
Maroela is Fantasties!
Amen!Ek’s soo Ongelooflik Dankbaar Ek’s Jesus se kind!Sy Strome van Seen,Genade,Troos,Liefde,Nuwe Krag elke dag!Onbeskryflik Groot Is my enigste rede dat ek opstaan elke oggend!Prys die Here dat Hy my Lyding insig en kennis gee elke dag!Amen