Gedagte vir die dag:  ’n Erfenis in die hemel      

Berg_wolke_landskap_ReintDykema.jp

Foto: Reint Dykema

In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ’n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. (1 Pet 1:3-4)        

Stel jou voor ’n hele klomp kraaie sit op ’n kragdraad. Daar sit hulle en krys. Skielik hoor hulle ’n geroep hoog bokant hulle. Dit is ’n arend, wat hoog deur die lug sweef. Die arend vlieg nie in swerms nie. Hy sit nie op die kragdrade en wag om die oorblyfsels van die pad af op te pik wanneer ’n motor oor ’n padda of ’n rot ry nie. Hy rig sy oë stip op sy prooi, vang dit en keer terug na sy nes hoog bo teen die kranse. Wanneer die storms kom, sit en bewe hy nie soos die kraaie nie. Hy is hoog in die lug en sweef hoog bo die bergspitse.

Dit is hoe die Here wil hê ek en jy moet leef. Hy wil hê ons moet fokus op ons roeping en bly wees wanneer ’n sondaar huis toe kom. Dit maak nie saak of daardie persoon God nou maar net ses maande ken en die Here hom reeds kragtig gebruik terwyl jy die Here al veertig jaar dien en steeds nie só opspraakwekkend gebruik word nie. Jy het ’n ewige erfenis wat in die hemel op jou wag. Rig jou oë op die Here en op jou erfenis.

Dankie, Here, dat U my erfenis in die hemel vir my bewaar, waar niks dit kan besmet of laat vergaan of verwelk nie. Dankie dat U my veilig bewaar vir die opstanding deur God se krag.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Quentin Viljoen ·

Baie Dankie vir die boodskap vanoggend! Dit is pragtig en ek wil dit graag deel met AL my vriende! Hoe doen ek dit?

Kaspaas ·

@ Quentin Viljoen: Stuur die “epos link” by artikel aan jouself en van jou af kan jy dit mos na soveel van jou vriende stuur as wat jy voor plek het op jou Outlook. So doen ek dit in elke geval. Miskien het iemand ‘n beter plan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.