Gedagte vir die dag: ’n Gesindheid van nederigheid

mense_stap_strand_skulpe_NathanSteyn.jpg

Foto: Nathan Steyn

Die praktiese uitlewing van Jesus se gesindheid is binne die bereik van wedergebore kinders van God. Jesus, wat gelyk met die Vader is, het Hom verlaag om by my en jou aan te sluit. Toe verlaag Hy Hom nóg verder deur sy lewe vir ons neer te lê. Dís die gesindheid van eenheid.

Mense wat Christus ontvang het, is vry om hulle by die nederiges en eenvoudiges te skaar. Hulle is wys, en hulle identiteit lê in Jesus.

Konsentreer op dit wat onderlinge eensgesindheid bevorder. Moenie belangrik probeer wees nie, maar vind julle geluk by die nederiges. Moenie dink dat net julle altyd reg is nie. (Romeine 12:16)

Dit beteken dat Ek in ’n hegte verhouding met hulle en U met My moet leef, sodat hulle ten volle een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en dat U hulle liefhet net soos U My liefhet. (Johannes 17:23)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

sanja ·

Maroela, ek lees elke dag hierdie gedagte stukke van julle. Dit het al menige dae my gees gevoed en goor omstandighede omskep in iets beters!!! Baie baie dankie

Anoniem ·

Stem. Dit gee mens weer krag en moed om te volhard teen die aanslae van die bose magte. Hou asb. so aan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.