Gedagte vir die dag: ’n Getroue Vader

Storm_see_rotse_golwe_boekevat_ChristoBrits.jpg

Argieffoto: Christo Brits

Word wakker! Waarom slaap U, Here? Staan op! Moenie ons vir altyd verstoot nie! Hoekom kyk U anderpad? Hoekom kyk U verby ons ellende en verdrukking? (Psalm 44:24-25)

Wanneer ons probleme voortsleep sonder enige verligting in sig, voel dit of God van ons vergeet het. Ons voel vasgekeer met niemand aan ons kant nie. Die stres en hartseer word deur ons eensaamheid vererger. Ons voel kwaad – hoe kan God ons verlaat wanneer ons Hom juis die nodigste het?

Onthou vandag God se belofte: “Hy laat jou voet nie struikel nie; Hy wat waak oor jou, slaap nie. Hy wat oor Israel waak, sal nooit sluimer of slaap nie.” (Psalm 121:3-4) Julle is nooit alleen of vergete nie. Niks wat oor julle pad kom, is te nietig of te moeilik vir God om te hanteer nie. Hy is altyd by julle. Ten spyte van julle vrese en emosies, is Hy altyd getrou.

Bid vandag saam vir krag om te bly glo. Gee vir Hom julle probleme en laste. Sê vir Hom wat julle moed breek. Roep Hom aan om julle te beskerm en in julle behoeftes te voorsien. Vind vrede namate julle op Hom vertrou om oor julle te waak.

Here, dit is soms baie moeilik vir ons om te sien dat U by ons is. Help ons om te glo dat U omgee. Laat ons in U rus vind, aangesien U nooit slaap nie. Amen.

Bron:
Mnr & Mev – 366 oordenkings vir egpare deur Rob & Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.