Gedagte vir die dag: ’n God wat vergewe

houtkruis

Argieffoto

U is ’n God wat vergewe, genadig, barmhartig, lankmoedig, vol liefde. U het hulle nie verlaat nie. (Neh 9:17)

Hier is ’n prentjie van genade wat jy nie moet vergeet nie: Elke keer as jy huil en sê jy is jammer, elke keer as jy sê “Here, red my”, red Hy jou.

Wat gebeur elke keer as Israel klaar hulle koppe gestamp het, elke keer as hulle besef hulle het ’n fout gemaak?

Wat moet jy doen as jy vandag besef daar is ’n ander koning oor jou lewe, daar is ’n ander baas, ’n ander leier, iets wat hiet en gebied en iets wat vat en steel? Sê jy is jammer – al is dit die tiende keer wat jy jammer sê – en vra die Here om jou te vergewe. Ons lees in die Bybel God sal ons vergewe.

Erken jou sonde en lê dit af. Sê dan met die Here se hulp nee vir enige sonde in jou lewe. Moenie dat sonde jou baas word nie.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Manna Pieters ·

Baie dankie vir die gedagte van die dag. Die Here seën

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.