Gedagte vir die dag: ’n Groot lewenservaring

Blom_veld_stiltetyd_Juanita-Badenhorst.jpg

Foto: Juanita Badenhorst

Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. (Efesiërs 3:19)

Die lewe is propvol verrykende ervarings. Niks kan egter ’n groter ervaring wees as om God in Christus te leer ken nie.

Die graad van hierdie kennis sal afhang van die kwaliteit van jou toewyding en oorgawe. God gee Homself aan almal wat Hom in waarheid aanneem.

Sy selfgawe kan alleen beperk word deur jou weiering om Hom volkome te aanvaar.

Om bewus te wees van God se inwonende teenwoordigheid, is ’n lewensveranderende ondervinding. Hierdie ervaring verhef jou gees tot ’n frisse benadering en jou daaglikse bestaan word vernuwe deur jou vervulling met die volheid van God – nou en vir altyd.

Here Jesus, omdat U in my woon, streef ek steeds daarna om U deur my lewe te vereer. Laat my toeneem in my kennis van en liefde vir U. Amen.

Bron: Mini-Oordenkings – Genade vir elke oomblik deur Solly Ozrovech
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.