Gedagte vir die dag: ’n Kleremaker met ’n hart

hart_see_sand_strand_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

’n Goeie mens bring goeie dade voort uit ’n goeie hart, en ’n slegte mens bring slegte dade voort uit ’n bose hart. Wat ook al in jou hart leef, bepaal wat jy sê. (Lukas 6:45)

John Woolman (1720-1772) was ’n kleremaker. Hy het egter gehelp om slawerny af te skaf binne Amerikaanse Kwakergemeenskappe jare voor die Amerikaanse Vryheidsoorlog. Oral waar hy gegaan het, het hy teen slawerny gepraat.

Hierdie opregte man van God se stil, sterk teenwoordigheid het spoedig wyd en syd in Amerika bekend geraak. Toe hy eenkeer met Indiane gesels, staan een van hulle leiers op en kom sit sy hand op Woolman se bors. Vir ’n oom blik was Woolman totaal uit die veld geslaan. Toe wys die Indiaan vir hom om aan te hou met praat.

’n Rukkie later sê die Indiaan: “Ek hou daarvan om te voel waar mense se woorde vandaan kom.” Toe weet almal hulle kan maar na Woolman luister. Hy praat hartlangs eerste.

Dit is steeds aangrypend om in die teenwoordigheid van mense van God te wees wat hartlangs eerste praat. Vir die Here tel sulke harttaal ’n ewigheid meer as dooie lippetaal.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.