Gedagte vir die dag:  ’n Knap vrou         

Vrou_koffie_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Waar sal jy ’n knap vrou kry? ’n Goeie vrou is meer werd as edelstene. Sy het innerlike krag en waardigheid. Sy is nie bekommerd oor die toekoms nie. Sy praat met wysheid, sy gee raad saam met liefde. Sy hou toesig oor alles wat in haar huis gebeur. Sy verdra nie luiheid nie. Haar kinders staan op en prys haar. Haar man spog met haar: “Daar is baie knap vroue, maar jy is die beste van almal!” (Spreuke 31: 10, 25-29)          

’n Knap vrou is iemand met morele karakter, sy staan bo verdenking, sy is oor die algemeen uitnemend en sy word gerespekteer. Die vrou in Spreuke 31 is ’n voorbeeld van ’n godvrugtige vrou. Die eienskappe waaroor sy beskik, is dié wat alle vroue moet nastreef.

Help ons, Vader, om by u voete te sit en by U te leer sodat ons die soet aroma van Christus in ’n verlore wêreld kan wees. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elize ·

Ja knap vrou is n moeder wat op haar kniee bly vir haar kinders en familie en mense waarvoor sy lief is ek het Groot geword waar my ma Altyd op haar knie was vir ons en daarom is ek vandag op my kniee vir mense wat belangrik is en dinge wat belangrik is en ek is dankbaar en daarom Leer ek my kind elke dag jy kan Alles verloor jy kan Niks oorhe nie maar jy mag nooit ooit Jesus verloor nie jy kan nie sonder Hom nie nooit ooit nie en so glo ek sy Sal eendag as dit Jesus se wil is dit vir haar kinders Leer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.