Gedagte vir die dag: ’n Lewe van vrygewigheid

blomme-veld-vrou-son-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Wie suinig saai, sal karig oes; wie ruimhartig saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit het, nie uit spyt of dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. (2 Korintiërs  9:6-7)

Dis heerlik om geskenke te kry! Wanneer ander mense vir ons iets bring – koekies wat hulle gebak het, of blomme uit hulle tuin – is dit lekker om te voel ons is vir hulle belangrik genoeg om dit met ons te wil deel. Vrygewigheid laat ’n mens spesiaal voel.

Ons kan ander mense help om daardie selfde warm gevoel te ervaar. Deur ’n donasie te gee vir mense wat swaarkry, kan ons help om kommer en spanning te verlig. ’n Mens kan kos gee vir mense wat honger ly of siek mense help versorg. Deur mense te nooi om saam met ons te eet, dra die boodskap oor dat hulle welkom is – en die geskenk van ons tyd en aandag kan boonop die seer van eensaamheid verlig. Deur te gee, sê ’n mens “ek gee om vir jou” sonder om ’n woord te sê.

Partykeer hou ons terug en gee ons nie omdat ons bang is ons verloor iets wat ons vir onsself kan gebruik. Tog belowe die Here hoe meer ons gee, hoe meer sal Hy voorsien sodat ons selfs méér kan gee. Wanneer ons dit wat ons het met blymoedigheid deel, loof ons sy Naam. Deur te gee, seën ons die Een wat ons in die eerste plek met soveel goeie gawes geseën het.

Here, ons wil graag met blymoedige en gewillige harte gee. Gebruik ons vrygewigheid om u liefde aan almal te wys. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.