Gedagte vir die dag: ’n Lewe vol vreugde

boekevat-blydskap-spring-van-vreugde

Foto: blisshabits.com

’n Vrolike mens is ’n gesonde mens, ’n neerslagtige mens raak uitgeput. (Spr 17:22)

Ons dink baie keer alles in godsdiens moet streng en styf en humorloos wees. Dit is mos hoe ernstige Christene leef, nie waar nie? En ernstige dinge pas mos by ernstige mense. Maar dit is so ’n verkeerde idee van wat geloof moet wees. Ons kan maar vrolik en bly wees – ons het immers so baie om voor dankbaar te wees. En hoe kan ons elke dag God se wonderlike wêreld aanskou en nié vrolik en bly wees nie!

Die Here wil hê ons moet bly wees – Hy wil hê ons moet ons verbly in sy liefde en in Hom. Hy wil hê ons moet vreugde vind in ons geliefdes, in ons gawes, in elke dag.

Daar is natuurlik ’n verskil tussen ligsinnig wees en bly wees. Daar is beslis tye en geleenthede wanneer ons ernstig moet wees.

Wees elke dag bly. Laat ander jou vreugde sien – wys vir almal hoeveel vreugde die liefde van God in jou lewe bring. 

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

www.cumuitgewers.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Retha Roux ·

Baie dankie dat jul die dag nie net met slegte nuus en aardse dinge begin nie. Die Boodskap vroeg in die oggend, beteken oneindig baie vir my. Mooi dag aan elkeen by Maroela en Jesus Liefde vir julle

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.