Gedagte vir die dag: ’n Lewe wat God verheerlik

kers.jpg’n Mens steek nie ’n lamp op en sit dit onder ’n emmer nie maar op ’n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, ver heerlik. (Matt 5:15-16)

“Laat julle lig só skyn” beteken nie “laat die linkerhand weet wat die regterhand doen” nie. Dit beteken wel dat ons op só ’n manier sal lewe dat wat ons ook al doen en sê die Vader sal verheerlik en nie verleë maak nie. Die kinders van die lig word noukeurig dopgehou deur dié wat in die duisternis leef.

Duisternis wil graag ’n lat hê om die lig mee te slaan sodat hy sy eie donkerheid kan verdedig. Jesus sê: “Moenie duisternis ’n lat gee om mee te slaan nie. Leef rein, leef in liefde. Selfs al soek duisternis ’n rede om julle te kap, sal hy nie een kry nie (behalwe natuurlik sinnelose argumente). Só ’n lewe bevestig God se waarheid en verheerlik Hom.”

’n Lewe in die lig is die beste vorm van aanbidding. Moenie jou aanbidding beperk tot kerkdienste en aanbiddingsessies nie. Laat jou gewone lewe een groot aanbidding van God wees.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.