Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. (Klaagliedere 3:23)
Die lewe bestaan uit ’n reeks nuwe beginne. Dit is jou gesindheid teenoor ’n nuwe begin wat die verskil maak. Elke dag is propvol nuwe geleenthede om God beter te leer ken en om oor te begin met jou voorneme van hoe jy reageer op omstandighede en mense. God se genade is elke dag nuut, maak nie saak wat jy gedoen het of hoe jy gister teenoor Hom opgetree het nie. Omdat God jou vergewe, hoef jy nie swaar te dra aan gister se mislukkings of spyt nie.
Bewys jy elke dag genade aan die mense vir wie jy lief is, net soos God sy genade opnuut aan jou betoon?