Gedagte vir die dag:  ’n Nuwe hart       

hart_see_sand_strand_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek gee julle ’n nuwe hart. (Esegiël 36:26)

Dit is inderdaad sonde om die basiese wette van reg en geregtigheid te oortree. Die mens se vryheid om beginsels te eerbiedig, is die morele dimensie van sy aard, en sonde kom dikwels as wetteloosheid na vore. Sonde is egter in iets gewortel wat meer is as die wil om die wet te oortree. Die kern van sonde lê daarin dat ons onsself die middelpunt van die lewe maak, in plaas daarvan om die heilige God as die middelpunt te aanvaar. Gebrek aan vertroue, selfliefde, hoogmoed … Dit is drie maniere waarop Christene uitdrukking gee aan die werklike betekenis van sonde. Wat sonde egter doen, is om die worsteling met boosheid betekenisloos te maak. Wanneer ons weier om ons vryheid te beoefen met vertroue en eerbied vir God se wil, is daar niks wat die risiko van die lewe die pyn daarvan die moeite werd kan maak nie. ~ Williams

Sonde het geen houvas op God se kinders nie. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Agie ·

Amen
Dankie Here dat U nooit met my ophou werk nie
Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan moet die Here geprys word
Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.