Gedagte vir die dag: ‘n Nuwe lied

geluk_uitgestrekte-arms_sonsondergang_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Lees Psalm 98

Sing tot eer van die Here speel op die lier en sing (Psalm 98:5)

Lofliedere was nog altyd een van die maniere waarop gelowiges kon dankie sê. “Halleluja!” en “prys die Heer!” het gemeenplaas geword waar God se eer besing word. Dikwels is daar ‘n spesifieke rede waarom ‘n bekende en geliefde loflied aangehef word: oorwinning, uitkoms, genesing. Soms is dit bloot omdat die singende gelowiges wil se: Hoor ons lied: God is groot, God is goed!

Dit gebeur ook dat ‘n begaafde Godskind met pen en papier gaan sit, of met ‘n kitaar of by ‘n klawerbord en huiwerig, soek-soek, begin om iets heel nuuts te skep. En soms, se hulle, hierdie begenadigdes, soms kom dit maklik: Een-twee-drie .. . en die nuutskepping is voltooi, gereed om ewe maklik aangeleer en gesing te word. Daar is wei ook ander kere, so word vertel, dat die skeppingsproses moeisaam verloop, sukkel-sukkel, met weinig note of akkoorde wat ‘n tweede sifting of latere redigering oorleef.

Maar eind goed, alles goed, en voordat jy op ‘n geykte “prys die Heer!” hoef terug te val, is daar ‘n splinternuwe “halleluja!” op papier of onder jou vingers. Gou-gou gaan lê dit gemaklik in die stem wat dit voortbring en uiteindelik skrop dit nes in die hart van die jubelendes.

Hoe bevoorreg is gelowiges wat van musiek hou! Dit is ‘n genadegawe .om ons lof uit ons hart te kan voortbring. Al is dit nie altyd uit volle bors nie, omdat ons hart te seer is. Maar weet dit: ‘n Nuwe lied hoef nie te bruis en te dreun nie. God word ook in treurpsalms geëer. Hy hoor ook ons sagte gesange.

Hoor my sing, Here, sien my hart by elke woord en akkoord. Ek loof u Naam!

Bron:
Uit die Beek 2018 deur Barend Vos
Uitgewer: Lux Verbi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jean ·

Goeiedag,
Juis omdat ek nie aan enige kerk as sulks (meer) behoort nie, is Maroela Media se oggend boodskappies vir my as menswees, n Lig in die Pad.
Miskien dink u dat ek oordryf, maar ek kan nie wag om soggens my klein blikbreintjie aan te skakel, en te lees watter boodskap daar vir my wag nie.
Vir my is dit ‘Siels Kos’. Moenie fout maak nie, ek skryf elke oggend die spesifieke Bybel vers en waar in die Bybel dit gekry word af, en dan word my NIV Bible nader getrek.
Geleidelik dan word al daardie stukkies Bybel versies in beide Afrikaans en Engels op my blik breintjie getik…. gedruk en in n ‘file’ gesit, wat in die motor saam ry. Nie ek vir ene wat nie n lees dingetjie in die motor het nie… en smiddae terwyl ek vir my man wag, wat Godsydank op sy ouderdom nog n werk het, sit ek dan en lees gedeeltes wat ek voorheen gedruk het….
Daarom dank ek God vir mense soos julle!

Vriendelike groete
Jean Schraepler

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.