Gedagte vir die dag: ’n Nuwe skepping

Reenboog_natuur_uganda_Stiltetyd_Marco-Brits.jpeg

Foto: Apoka Lodge, Uganda (Marco Brits)

Iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier! (2 Korintiërs 5:17)

Terwyl jy leer om saam met God te wandel, om Hom te vertrou en in sy lig te leef, moet daar ook ’n tyd kom wat jy alle spyt oor die verlede laat vaar sodat jy vandag kan leef. Christus beloof om jou ’n nuwe skepping te maak.

Jy! ’n Nuwe skepping. ’n Nuwe self vol nuwe verwagtings, nuwe drome en nuwe geleenthede. Dis ’n nuwe jy met ’n nuwe ingesteldheid, ’n nuwe manier om besluite te neem en onsekerheid te hanteer.

Wanneer jy egter aan jou verlede vashou, gaan jy die pragtige toekoms wat God vir jou lewe beplan, verbeur. Jou verlede is nie ’n uitdaging vir God nie, maar Hy sal jou nie dwing om dit te laat los nie. Die enigste persoon wat aan die spyt vasklou, is jy.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.