Gedagte vir die dag: ’n Nuwe toekoms

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek  wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting. Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. (Jer 29:11-12)

Lees Jeremia 29:1-14

Jeremia se raad aan die Israeliete in ballingskap is dat hulle daar in die vreemde land met hulle lewe moet voortgaan en nie moet bly terughunker na die verlede nie. God belowe dat Hy hulle eendag weer na hulle land sal laat terugkeer, dat Hy vir hulle voor spoed beplan en vir hulle ’n toekoms, ’n nuwe verwagting sal waar borg, mits húlle bereid sal wees om Hom aan te roep en na sy wil te vra.

Gewoonlik het mense aan die begin van ’n nuwe jaar baie verwagtings van wat die jaar alles sal bring. En dit is ook nie verkeerd nie. God wíl vir sy kinders positiewe verwagtings gee. Dit is sy wil dat ons die teleurstellings van die verlede agter ons sal laat en saam met Hom na ’n nuwe toekoms sal reik. Met God se hulp kan jy dit ook vanjaar regkry om jou drome waar te maak, om ’n nuwe toe koms in ontvangs te neem.

As jy God se beloftes joune wil maak, sal jy vanjaar bereid moet wees om Hom aan te roep, om na sy wil te vra, én om daardie wil te gehoorsaam. Eers dan sal Hy onderneem om jou gebede te verhoor en jou verwagtings van die nuwe jaar te laat realiseer.

Hemelse Vader, baie dankie vir die belofte dat U vir my voorspoed beplan vir die jaar wat voorlê, dat U vir my ’n toekoms, ’n verwagting wil gee. Ek wil U nou aanroep en u wil gehoorsaam. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sue Lemmer ·

Wat n vreugde om die dag in die Naam van Jesus te mag begin. Dankie vir die pragtige boodskap.

Pieter Oosthuizen ·

Kan ons ook van hierdie dagstukkies ontvang asb. Dit is pragtig dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.