Gedagte vir die dag: ’n Oggendgebed

Vrou_sit_hek_sonsondergang_stiltetyd.jpg

Foto: invertedculture.net

Ek kan gaan lê, aan die slaap raak en wakker word, want die Here ondersteun my. (Psalm 3:6, BDV)

Dawid kyk terug op die nag en besef hy het goed geslaap. Onthou dat hy hier ’n vlugteling was, met sy agtervolgers kort op sy hakke – nie eintlik omstandighede vir rustig slaap nie! Nogtans sê hy in die volgende vers dat hy, met die Here by hom, nie eens bang is vir tienduisend vyande nie. Hy het die vrede van die Here.

In ons tyd is ons stres meer psigies: Bekommernis, mislukkings en verhoudingsprobleme kan ons gespanne maak en verhoed dat ons diep en herstellend slaap. Dit help beslis om bedags fisiek aktief te wees vir goeie slaap snags (verkieslik in die sonskyn) en om saans goeie slaaphigiëne te handhaaf: byvoorbeeld om koffie en elektronika soos die TV en rekenaars te vermy en om die omgewing donkerder te maak. Dawid se vrede kom egter van die Here af. Hy voel veilig, want hy weet sy Verbondsgod is by hom. Waarom sal hy dan nie rustig slaap nie? Dis nou radikale geloof!

Getroue God, beskerm my vandag teen myself en herstel my waar ek gefaal het. Amen.

Bron:
Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.