Gedagte vir die dag:  ’n Onvaste gees

see_sonsopkoms_hart_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Skep vir my ’n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ’n vaste gees. (Psalm 51:12, Bybel In Afrikaans 1933/1953)

Dawid vra God vir ’n “vaste” gees. Die woord dui op fermheid, sekerheid of reg wees. Dawid besef, ná sy sonde met Batseba, dat sy innerlike te onseker en onvas is. Hy het hulp nodig. Let op die volgende:

  • ’n Impulsiewe en onvaste mens val sommer vir enige versoeking.

Toe Dawid Batseba sien bad, het hy haar dadelik begeer. Hy het haar summier laat haal, sonder om aan die gevolge te dink. Toe haar man ’n probleem word, neem hy weereens ’n baie swak besluit. Daarteenoor loof die Skrif die standvastige man, die een wat staan soos ’n boom by waters, wat ’n reguit pad loop en vir versoekings nee sê. Dis hoe Dawid wil wees.

  • ’n “Vaste” gees is ook ’n gees wat seker en rustig is in die wete dat hy God se guns geniet. Ook dit het Dawid nie, want hy voel verlore en ver van God af. Hy wil weer God se vrede hê.

Laat standvastigheid jou kenmerk wees: sterk, gelowig, onwrikbaar, gegrond.

O God, gee my ’n vaste gees. Maak my onbeweeglik sterk. Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.