Gedagte vir die dag: ’n Onwedergebore gewete

gebreekte_kleipot_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Saulus het die kerk probeer uitroei. (Handelinge 8:3)

Die onwedergebore gewete is ’n gewete wat ’n mens kan aankla of regverdig, maar dit is grootliks ’n defektiewe gewete. Ek gebruik die term “onwedergebore” omdat ek daarmee wil sê dis ’n gewete wat nog nie deur die lewe van Jesus wakker gemaak is nie. Dis een wat grootliks ge programmeer is deur die samelewing en persoonlike waardes, ongeag hoe God voel. So ’n gewete dink iets is reg as dit al gemeen aanvaarbaar is, of verkeerd wanneer dit nie algemeen aanvaarbaar is nie.

’n Wedergebore gewete registreer gou dat iets nie reg is nie, al is dit algemeen aanvaarbaar, omdat dit deur God wakker gemaak is. ’n Onwedergebore gewete is ook ingestel op selfregverdiging en sal maklik iets as reg of verkeerd bestempel na gelang van hoe dit die self raak. Dit sal nie sommer iets as verkeerd aankla so lank as wat daar “genoegsame” selfregverdiging is nie.

Die interessante van hierdie soort gewete is dat dit ’n revolusionêre verandering ondergaan wanneer ’n mens wedergebore word. Skielik, sonder inmenging van buite, is sekere dinge nie meer aanvaarbaar nie. Sonder dat iemand jou aanpor, is jou gebrekkige verhouding met jou ouers nie meer “reg” nie. Onverwags is daar iets anders wat jou beïnvloed en dring om reg te maak waar jy tevore tevrede was. Nou is hierdie gewete nie meer tevrede met selfregverdiging nie, maar met wat “reg” is voor God. Dis ’n onverklaarbare fenomeen en gebeur met mense wêreldwyd wat deur God se Gees wedergebore word. ’n Onwedergebore gewete is selde die innerlike stem van geregtigheid en lei jou feitlik altyd op die pad van die dood.

Bron:
Op vlerke van geloof deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Regtig? ·

REGTIG CHRIS VERMEULEN?? SO JOU VERBASTERENDE PUNT IS??

RASIS!!!!!!!!!!!!!! SIES MAN

Sarel Kotze ·

Jesus het wedergeboorte verkondig aan Nikodemis .Mens in water en gees wedergebore word om God se koninkryk te sien joh 3:3 en om God se Koninkryk in te gaan.Hand 2:38 bevesig Jesus se boodskap .Na Jesus se kruisiging het God hom Here en Christus gemaak vers 36 .Kol 3:17 bevestig dit dn hand 19:3 bevestig Petrus se opdrag in Hand2:38 .Apollos was net bewus van doop van bekering vam Johannes hand 18:24-25.Voor uitstorting vd Heilige Gees was Jesus se opdrag mat 28:19 ,na uitstorting en verheerlikng hand 2:38Jesus voorbeeld gestel met Sy eie doop .self 1 maal gedoop en duif bevestig Heilige Gees doping .Dis wat wedergeboorte behels om sa Christus eenmaal te sterwe deur een maal in Christus Jesus gedoop te wees.Rom 6:3,4 en kol 2:12.

Lukie ·

Huh… waar kry jy daai vers vandaan Bees? Dis verseker nie in my Bybel nie. Nerens vra God dat mense geoffer word nie. Isak was ‘n tipe van Jesus wat deur Sy Vader vir die mensdom se sondes sou sterf. Maar in elkgeval wat het dit met die onderwerp “onwedergebore gewete” te doen?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.