God nooi jou om Hom te aanvaar vir wie Hy is. Hy het jou reeds aangeneem, maar jy het die finale sê. Jy moet besluit of jy Hom sal aanneem en deel word van sy huisgesin. Die keuse is joune.
Ek staan by die deur en Ek klop. As jy my stem herken en die deur oopmaak, sal Ek na jou toe ingaan en ons sal die fees-ete saam geniet. (Openbaring 3:20)
Julle is almal God se kinders deurdat julle in Christus Jesus glo. (Gal 3:26)
As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind. (Jer 29: 13)
So ek red myself?
En God staan passief en kyk of ek my wil gaan toepas of nie?
As ek die finale sê het, wat is God se sê?
Hierie is n tipe verlossing wat die mens soverein maak en God onttroon.