Gedagte vir die dag: ’n Plek van beskutting

 

 bybel_stilte_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

God het nie die Seun na die mensewêreld toe gestuur om die mense te veroordeel nie, maar sodat die mense deur Hom verlos kan word. (Johannes 3:17)

’n Plek van beskutting is ’n plek waar jy teen die storms van die lewe kan skuil. In Numeri 35 gee God aan Moses die op drag om sekere gebiede eenkant te hou wanneer hulle in die Beloofde Land ingaan. Dit moes plekke van beskutting wees.

Jesus Christus het vir my en jou ’n plek van beskutting geskep. Miskien het jy ’n twyfelagtige verlede, of jy het iets gedoen waarop jy nie trots is nie en dit is vir jou baie moeilik om jouself te vergewe. Uiteindelik sal jy moet leer om met jouself en jou omstandighede saam te leef. Miskien het jy iemand in ’n ongeluk beseer, of is jy deur ’n lelike egskeiding en jy weet nie hoe om dit te verwerk nie.

Gaan na daardie plek van beskutting. Jesus sê dat as jy jou sondes bely, Hy betroubaar en regverdig is om jou sondes te vergewe en jou skoon te maak van alles wat verkeerd is (1 Johannes 1:9). Dis waarom ek Hom so liefhet. Hy is die vriend van sondaars; Hy is die vriend van mense wat foute gemaak het, wat iets gedoen het waaroor hulle spyt is. Dalk was jy in die tronk en nou is jy uit en het jy niks om na terug te keer nie. Gaan na jou plek van beskutting.

My plek van beskutting is my stiltetydkamer. Soggens vroeg kniel ek voor die Here. Ek bring tyd saam met Hom deur, ek bid en ek word verkwik. Ek bely my sondes en beweeg dan aan. Onthou, daar is vir jou ook ’n plek van beskutting, dit maak nie saak wat jy gedoen het of wat jy deurgemaak het nie. In God se oë is daar nie grade van sonde nie – sonde is sonde. Die Bybel sê duidelik in Romeine 3:23: “Ons het almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom.” Jesus is ons plek van beskutting, waar ons kan wegkruip en by Hom kan skuil sodat Hy ons kan herstel. Hy is liefdevol en vergewensgesind, en Hy wag vir jou.

Jesus, U weet ek het dinge gedoen waarop ek nie trots is nie. Help my asseblief om u vergifnis te ontvang en aan te beweeg. Wees asseblief my plek van beskutting, my skuiling teen die storm. Amen.

Bron:
Genade in oorvloed deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan ·

Amen. Dankie vir hierdie kosbare woorde mooier as dit kan sekerlik nie duideliker gestel word nie. Bid hierdie gebed met powerfull woorde vir die wysheid van God aan elke mens wat dit kortkom. Wysheid van God in Jesus Naam. Vat dit en vinnig gryp daar na want dus verniet. Shalom

Cornelia ·

Baie dankie vir hierdie waarheid, inspirasie en Troos vanuit God’s Woord. Dan mag ek jubel: “Hoe lieflik is U Wonings Heer. Hoe salwend die Oases van Genade en verkwikking in my woestyntogte. U maak my pad gelyk. Die hare van my hoof is by U getel. My trane is in U boek. U is my toevlug en my rots. My skuilplek en my woning. U is my Vader. Ek is U kind. Dankie Here.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.