Gedagte vir die dag: ’n Romein sien die lig

kruise_son_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Toe die Romeinse offisier wat reg voor Hom gestaan het, Jesus só sien sterf, was sy woorde: “Waarlikwaar, hierdie man was die Seun van God!” (Markus 15:39)

Rondom die kruis was daar ʼn verskeidenheid mense bymekaar. Onder die gewone omstanders was daar sekerlik mense van verskillende nasionaliteite aangesien dit tydens die jaarlikse Paasfees was. Dan was daar die Joodse leiers, skrifgeleerdes en Fariseërs, asook die soldate van Griekse en Romeinse afkoms. Aan die kruis, Jesus Christus die Koning. Tydens sy kruisiging was daar ʼn gespot en gelag oor die hulpelose Man aan die kruis. Toe sterf Hy. Die gespot het stil geword. Dalk was daar net die gehuil van die vroue hoorbaar. Dis verby. Hy is dood.

Dan praat iemand. Dis die Romeinse offisier wat die kruisiging beheer het. Hy het sy plig uitgevoer. Maar hy het ook fyn waargeneem. En hy is dan die eerste persoon tot wie die waarheid deurdring: Hierdie man was werklik die Seun van God.

In die persoon van die offisier is die deur vir die evangelie na die wêreld oopgemaak. Wat van hom geword het, weet ons nie. Maar wat hy gesê het, sou deur al die eeue heen as refrein oor die wêreld gehoor word. Die Man aan die kruis was werklik die Seun van God!

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.