Gedagte vir die dag: ’n Seisoen van ewige vreugde

Stiltetyd-22.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ’n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. (Hebreërs 10:35-36)

Vir baie mense is die lewe hier op aarde vir lank moeilik. Miskien is jy moeg gewag en moeg daarvoor om gereed te wees. Jou huidige situasie tap dalk al jou energie en jy is onder soveel druk dat jy op niks kan fokus nie; wat nog te sê om te hoop en bid vir die pragtige toekoms wat Jesus vir jou belowe het. Moenie jou rug op God draai nie; volhard!

Job het vreeslik gely en nogtans was hy in staat om te sê: “Ek weet dat my Verlosser leef” (Job 19:25). Ek ver trou dat wanneer ons in die hemel kom, dit die wonderlikste ondervinding ooit sal wees. Jy gaan dalk op die oomblik deur ’n moeilike tyd: jy het dalk jou werk verloor of jy verwerk die pyn van ’n geliefde wat gesterf het. Daar is ’n tyd om te rou, ’n tyd om te huil en ’n tyd om te juig. Prediker 3:1 sê: “Daar is ’n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd.”

Die laaste seisoen is wanneer ons huis toe gaan om saam met God te wees. Dit sal ’n seisoen van ewige vreugde wees.

Hemelse Vader, ek het so seer en is so kwaad; ek het u bemoediging nodig. Gee asseblief vir my die genade om deur hierdie oomblik te kom. Ek gee alles waarmee ek gekonfronteer word in u hande oor. Amen.

Bron: Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Piet Piper ·

Psalm 37:4……….Verlustig jou in die Here, dan sal hy jou gee, die begeertes van jou hart !!
Jeremia 33:3 ……..Roep my aan, en ek sal jou bekendmaak, Groot en Ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.