Gedagte vir die dag: ’n Stewige fondament

Stiltetyd-5.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Ek sal aan julle verduidelik hoe dit is wanneer iemand na My toe kom, na my onderrig luister en My gehoorsaam. Dis soos ’n man wat ’n huis bou op ’n sterk fondament wat op ’n rotsbasis gelê is. Wanneer die vloedwater styg en die huis tref, staan dit stewig, want dit is goed gebou. (Lukas 6:47-48)

Is finansiële druk, gebroke verhoudings, of die eise van die lewe besig om julle hoop te verswelg? Siekte kan julle tref, kinders kan rebels raak en julle kan julle besittings verloor. Julle wonder dalk of enigiets blywend is.

Ware sekerheid lê in God se Woord. Die Woord gee vir ons antwoorde op die moeilikste lewensvrae. Dit waarsku julle teen sonde en vernietigende besluite. Dit wys vir julle die pad wat julle moet volg om die Here te ken en sy vreugde in elke situasie te ervaar. Wanneer julle volgens die riglyne in die Bybel lewe en vashou aan julle geloof in Jesus, sal julle stewig bly staan.

As dit voel of julle lewe besig is om te verbrokkel, hou net vas aan die Woord. Ontdek die vrede en vertroue wat spruit uit sy beloftes. Leer ken sy wil sodat julle kan volg waarheen Hy julle lei. Vind vrede in sy onwankelbare waarheid.

Here, leer ons u Woord sodat ons kan doen wat daarin staan. Wees U die fondament van ons lewe. Amen.

Bron:
Mnr & Mev – 366 oordenkings vir egpare deur Rob & Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.