Hulle sondig met hulle monde, met die woorde op hulle lippe. Laat hulle verstrik raak in hulle hoogmoed oor die vervloeking en die leuens wat hulle uiter. (Psalm 59:13, BDV)
Dawid vaar uit teen sy aanvallers en vyande en is veral ontsteld oor wat hulle van hom sê: Hy sê hulle woorde is die ene vervloeking en leuens. Hy vra dat hulle daarin verstrik sal raak, soos wat gebeur as ’n mens vloek en lieg.
Ons moet ook maar let op wat ons sê. As kinders van die Allerhoogste praat ons anders as die kinders van die wêreld. Ons vloek nie en ons sweer nie. Ons hoef nie te skree of te skel nie. Ons hoef nie te spot of sarkasme te gebruik nie. Ons praat die waarheid en die waarheid alleen. Dis onnodig om te spog of te vergroot of die feite te verdraai. Dis alles dinge wat ’n mens kan verstrik. Ons praat wat goed en waar is, ons bou op, ons breek nie af nie – ons woorde getuig van wysheid en van liefde en deernis. As ons niks goeds kan sê nie, bly ons stil. ’n Mens hoef nie noodwendig te praat of te antwoord nie.
Heilige Gees, leer my praat soos ’n kind van God. Leer my dissipline en leer my stilte. Amen.
Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM
AMEN
So selde kom ek eerbare mense teë. Die waarde van ons Bybel raak verlore vanweë afgodery.
Here wees ons genadig?
Amen !