Gedagte vir die dag:  ’n Toekomstige hoop       

woestyn_klip_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Soos dit in die Skrif staan: “Ek lê in Sion ’n hoekklip, uitgekies vir dié ereplek. Elkeen wat op Hom vertrou, sal nóóit verneder word nie.” (1 Petrus 2:6)

God die Vader, Seun en Heilige Gees is nie ’n konsultasiefirma wat ons nader om vir ons kundige advies te gee oor hoe om te leef nie. Die evangelie is nie iets waarvan ons leer en wat ons dan aanmekaarsit met verwysing na die vervaardiger se instruksies nie; dit is iets wat ons word namate God sy werk van skepping en verlossing in ons doen, en namate ons onsself aanpas by ’n lewe van geloof en gehoorsaamheid en gebed. ~ Eugene Peterson

Here, U het alles tot stand gebring waarvan ons weet, en ook alles waarvan ons eers sal weet wanneer ons in heerlikheid by U is. Help ons geloof, Here, en help ook ons ongeloof. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

GL ·

Amen. Dankie dat U altyd daar is vir ons en ook dat U die enigste oplossing is.

Kornel ·

Amen, Mag die Heilige Gees almal vervul om die weg van God te loop.
So-doende verander die lewe na iets wat lekker is. Die voorbereiding tot die ewige lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.