Gedagte vir die dag: ’n Tyd vir verwondering

Kampsbaai-getypoel (Foto: Sune van Heerden, Maroela Media)

Foto: Sune van Heerden

Lees: Job 37:14-24

Staan stil en dink na oor die wonderdade van God. Weet jy hoe Hy dit alles voorberei, hoe Hy die lig deur die wolke laat breek? Weet jy hoe die wolke sweef? Dit is die wonderlike werk van Hom wie se kennis volmaak is. (Job 37:14-16)

Hierdie oefening in verwondering pas volmaak by die Adventtyd, dié tyd wanneer ons nadink oor Jesus se koms na die wêreld en hoe dit ons raak. Dis die beste tyd om nuut te leer sien – te waardeer, aandag te gee aan jou hartsmense, belang te stel in ander. Hierdie nuwe leefstyl van verwondering gaan nuwe oë van jou vra – dat jy op ’n nuwe manier na die dinge rondom jou, die natuur en ook die dinge wat mét jou gebeur, sal kyk en hulle deur Jesus se kruis sal sien. Dan sal jy die wêreld om jou op ’n vars manier ervaar en selfs in die negatiewe dinge wat na jou kant toe kom ’n rede vir God se bemoeienis met jou kan raaksien.

Dit klink vir my na ’n lekker opdrag omdat dit nuuskierigheid voorstaan – ’n eienskap waarmee ek uitermate geseën is! Ek wil kom vra dat elkeen wat hierdie dagboek lees hulle by my sal aansluit – dat ons saam in hierdie Kersfeesmaand elke dag na nuwe dinge sal gaan soek waaroor ons ons kan verwonder. Begin sommer vandag met jou ontdekkingsreis om doelbewus die lewe se wonders raak te sien en te ontgin; om God se hand raak te sien in alles wat met jou gebeur. Want ’n mens wat met verwondering alles om hom beleef, is ’n mens wat elke dag ’n innerlike vreugdebron het wat nooit sal opdroog nie.

Vader, u wêreld is boordensvol wonders. Help my om elke dag ’n nuwe wonder raak te sien waarvoor ek U kan loof. Amen.

Bron:
Jy is myne deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bart Saayman ·

besef almal hoeveel van die produkte in die supermarket het die halaal teken op, gaan kyk bietjie in jou kos- en yskas, jy sal verstom wees. Om die halaal teken te kan opsit moet die vervaardigers natuurlik die ‘halaal royalty/belasting’ betaal. Vraag is wat doen hulle met al daai belasting wat ons aan hulle betaal. Dit is nie kleingeld nie, glo my. In Australie bereken hulle dat die halaal belasting wat jaarliks gevorder word AUSD 30 miljoen beloop = R 300 miljoen. Ek dink dit is baie meer in SA, wat maak hulle met al daardie belasting wat ons elke dag aan hulle betaal?

StemSaam ·

Bart, die probleem is dat mense hulle nie hieraan steur en nie besef waaraan hulle meedoen nie. Ons weet mos dat hierdie geld gaan om hulle ‘aksies’ te bevonds. Gift of the Givers is ook so ‘n aksie. Hoekom dink jy is dit altyd sogenaamd so ‘n gesukkel om te onderhandel wanneer daar mense gevange geneem word en skenk ons goedgelowige mense geld dat dit so klap en is die uiteinde dat ons noooooit ‘n volledige betroubare verslag oor die besteding van die geld kry nie en ook gaan ons mense soms in aanhouding dood. Besef mense nie hoe hulle ook sg sendingwerk doen en gee taamlike geskenke en hampers weg?! Waar kom al daardie geld vandaan?! Van ons af natuurlik. Ons moet wakkerskrik en begin ruggraat kry, mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.