Gedagte vir die dag: ‘n Wenk van die Master Chef

Foto: Argief

Foto: Argief

“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit.” (Matt 5:13)

Volgelinge van Jesus het ’n geweldige impak op die wêreld om hulle juis omdat hulle volgelinge van Jesus is – nie omdat hulle beter as ander is nie. Omdat hulle Jesus volg en die lewe van Jesus in hulle is, bring hulle smaak en betekenis oral waar hul gaan bloot net deur hul verbintenis met Jesus.

As hulle egter met Jesus se Naam op hulle lippe rondgaan sonder die lig van Jesus in hulle lewe is hulle erger as dié in die duisternis. Sulke mense bring vals hoop van smaak en varsheid. Mense wat na hulle draai vir hoop moet egter teleurgesteld wegdraai. Só ’n getuienis word deur die wêreld weggesmyt en vertrap.

Neem groot sorg wanneer jy jou met Jesus vereenselwig om waardig as sy volgeling te lewe. As jy jou integriteit as sy volgeling verloor, is dit baie moeilik om dit weer in die oë van die wêreld terug te kry.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.