’n Wonderlike opoffering

Oorgawe-aan-Jesus

Hoe . Foto: Argief.

Wanneer ons na ander gelowe gaan kyk, sien ons dat die mensdom na God soek. Maar in Christenskap, sien ons dat God na ons soek.

Die Bybel wys dat ons sonde ’n skeiding gemaak het tussen ons en God wat nie gevul kan word deur goeie dade nie. Ek het God gereeld op daardie manier probeer vind. Ek het God se hart probeer wen deur myself te dwing om gereeld te bid en die Bybel te lees, kerk toe te gaan en goeie werke te doen.

Alhoewel bogenoemde belangrik is om God se hart te verstaan, maak dit my nie meer of minder ’n kind van God nie. Omdat ons Jesus aanvaar het en in sy naam glo, het Hy vir ons die reg gegee om kinders van God genoem te word. Deur sy dood op die kruis, het Jesus daardie skeiding gevul en ons het nou en vir altyd volle toegang tot ons Hemelse Vader. Daarom kan niemand krediet daarvoor vat dat ons vergewe is nie, want dit is net God se genade wat ons verlos het. Hoe wonderlik is hierdie opoffering nie?

Ons mag dalk vra: Maar hoekom moes Jesus gesterf het? Hoekom kon God nie die mensdom se sondes net vergewe het nie? Ons moet onthou dat God ’n regverdige God is. Wanneer daar ʼn misdaad gepleeg word, is daar ’n straf – ook vir ons, omdat ons almal sonde het en almal skuldig staan voor God.

Maar God het die hele wêreld se sonde gevat en dit op Jesus op die kruis geplaas, waar Hy die pynlike straf vir ons sondes moes verduur en gedra het. Ja, die man wat geen sonde gehad het nie, is gestraf vir álmal se sondes. Hy wou nie die hemel sonder ons gehad het nie, toe bring Hy die hemel af aarde toe.

Nou kan ons smetteloos voor God staan – ons is vergewe, vry van enige skuld en skaamte. Daar is dus geen ander manier van redding as deur Jesus Christus se dood en opstanding nie. En omdat Hy leef, kan ons môre aanpak met vreugde, moed en krag. Ons kan vrees, skuld, veroordeling, skaamte en verslawing in die oë kyk en sê: “O, dood, waar is jou oorwinning?” (1 Kor. 15:55, NLV).

Kom ons wees bly, want ons as Christene het die sleutel, die toegang tot vryheid gekry. Jesus!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Joel Hitchcock ·

Ons probeer God vind, maar faal daarin, soos ‘n mier wat ‘n koning in ‘n verre land gaan soek. Maar God het ONS gevind – deur ons te kom soek in sy Seun.

Maria ·

AMen Maak ook duidelik sonder misverstand met reguit woord : HOU OP OM AANHOU TE SONDIG ! wat jy weet dit verkeerd ! Jesus het duur betaal daarvoor punt.

LATIE ·

Wie is God ? wat is voorwerp God ? as jy weet lees exodus 3:15 ? dis was hebreers taal maklik om te se ? handling 4:12? dis was wat vandag gebeur ?johannes 5:43. HalleluYAH.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.