Gedagte vir die dag: ’n Wonderlike toekoms wag

Berg_wolke_landskap_ReintDykema.jp

Foto: Reint Dykema

Die hemel is my troon en die aarde my voetstoeltjie. Kan julle ooit ’n tempel bou wat so goed is? Kan julle ’n huis bou waarin Ek sal woon? (Jesaja 66:1)

Die Bybel sê die hemel is God se troon en die aarde sy voetstoeltjie. En wat ’n pragtige voetstoeltjie is dit nie! Die skepping is manjifiek. Dit is moeilik om ons voor te stel dat wanneer Jesus terugkeer, die teenswoordige hemel en aarde sal verdwyn (Openbaring 21:1). Dit sal soos ’n boekrol opgerol word en vervang word met ’n pragtige nuwe hemel en ’n nuwe aarde.

Die Here sê alles wat tans bestaan, sal nie meer onthou of aan gedink word nie. Dink net aan al die natuurlike skoonheid oor die wêreld heen: die Victoria-waterval, die Grand Canyon en Amasone-reënwoud – dit alles sal vervang word deur iets baie meer glorieryk. Daar sal geen pyn en lyding meer wees nie.

Ons weet hierdie lewe is tydelik. Kom ons verheug ons dus in ons huidige seëninge, maar hou aan soek na die Here om uit te vind wat Hy wil hê ons met ons tyd moet doen. Daar wag ’n glorieryke toekoms op ons en Jesus vra dat ons, sy medewerkers hier op aarde, sal help om ander mense in die nuwe dinge van God in te lei.

Here God, dankie dat U my daaraan herinner dat wat ek ook al in hierdie wêreld het, net tydelik is. Ek weet ek kan my lewe hier geniet en my verbly in u seëninge, maar dit is niks in vergelyking met wat U vir ons voorberei nie. Amen.

Bron: Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Veertjie ·

Dankie Here Jesus, dat U vir ons ‘n plek gaan voorberei waar ons vir altyd saam met U sal wees. Ons sien uit na die dag wanneer U ons gaan kom haal op die wolke!

Hettie ·

Here dankie vir ons pragtige aarde en alles waarmee U ons seen. Dankie vir U guns en genade en liefde. Ek sien so uit daarna om die nuwe hemel en aarde te sien saam U en diegene vir wie ek so lief is. Wys my die weg hoe om my medemens na die nuwe lewe te lei. Sonder U kan ek nie. Amen.

Maggie ·

Dankie Here vir die mooi natuurskoon en wonderwerke.
Here lei ons op die regte pad.
Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.