Gedagte vir die dag: ’n Wyse vrou

Kleipotte_2_-stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig. Hy laat eerlike mense sukses behaal en Hy beskerm dié wat onberispelik lewe. (Spreuke 2:6-7)

Dawid ontmoet Abigajil toe sy as bemiddelaar tussen hom en haar man, Nabal, optree nadat Nabal Dawid se manne summier van sy grond weggejaag het ten spyte van Dawid se goedgesindheid teenoor sy veewagters toe hulle by Dawid in Karmel was.

Toe Abigajil hiervan te hore kom, het sy twee honderd brode, twee kruike wyn, vyf gaargemaakte skape, vyf emmer gebraaide koring, honderd trosse rosyntjies en twee honderd koeke gedroogde vye gevat en op donkies gelaai (1 Samuel 25:18).

Abigajil is ’n wyse vrou wat reg en verkeerd kan onderskei en weet hoe om te onderhandel. Sy is ’n vredemaker. Daarby sien sy verder as net die huidige situasie. Sy besef die gevolge wat dit sal hê indien Dawid Nabal en sy dienaars doodmaak. Sy weet van al Dawid se oorloë, asook dat die koningskap aan hom belowe is. Daarom pleit sy by hom om te besin sodat hierdie een vergryp nie tot sy nadeel sal strek wanneer hy eendag koning is nie.

Abigajil se insig beïndruk Dawid só dat hy ná Nabal se dood boodskappers stuur om haar te vra om sy vrou te word. Sy aanvaar nie die aanbod uit blote heldeverering nie. Haar reaksie is eerder dié van ’n nederige onderdaan:  “Ag nee, ek wil net ’n slavin wees om die voete van Meneer se manne te was.” Dawid het eienskappe in haar raakgesien wat van haar ’n vertroueling sowel as ondersteunende metgesel sou maak.

Here, help my om u wysheid te bekom. Amen

Bron: Die Here is my Herder deur Lizette Murray
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

FM ·

Dankie Here.

U gee sonder voorbehoud.

Wysheid kan nie uit boeke geleer word nie. U gee insig, wysheid en kennis aan elkeen wat afhanklik dit van U bid.

Yvonne ·

Dankie Here dat ons mag bid vir wysheid en insig……dwaasheid bring soveel hartseer en skade

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.