Gedagte vir die dag: Nederigheid

mense

Foto: Argief.

So sê Hy wat hoog en verhewe is: Ek is by hom wat verdruk en nederig is. Ek gee nuwe krag aan die nederiges en Ek gee nuwe krag aan die verdruktes. (Jes 57:15)

Lees Jesaja 57:4-21

God is altyd aan die kant van dié mense wat geleer het om nederig te wees. Op verskeie plekke in die Bybel word gesê dat hoog moediges voor ’n val sal kom, terwyl die nederiges genade sal ontvang. Nederigheid is dan ook een van die eienskappe wat eie is aan Christene. “Almal moet teenoor mekaar nederig wees en mekaar help, want ‘God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade’. Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het,” skryf Petrus (1 Pet. 5:5-6).

Jesus self was absoluut nederig, alhoewel Hy die groots te Koning van alle tye was. “Leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart,” getuig Hy in Matteus 11:29. Martin Luther het geskryf dat God die wêreld uit niks gemaak het, en solank óns niks is nie, kan Hy iets uit ons maak. Sodra ’n mens ontdek dat jy niks uit jou eie kan regkry nie en dat alles wat jy het van God af kom, is dit nie so moeilik om nederig te wees nie. Kry jý dit al reg om nederig te wees, om ander mense eerste te stel en self bereid te wees om tweede te kom?

Here Jesus, ek is jammer dat ek so sukkel om nederig te wees; dat my trots en selfsug elke keer maar weer kop uitsteek. Maak my nederig soos U was sodat ander vir my belangriker as ek sal wees. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

neelsie ·

Jesus Christus lewe .
Vandag herdenk ons Sy hemelvaart.
Leef so dat ander dit kan sien.

Gielie - Namibië ·

Geseënde Hemelvaart aan ieder en elk. Ons hier in Namibië is bevoorreg om nog hierdie dag as publieke vakansiedag te vier. Was vanoggend in die kerk NG Gemeente Meersig Walvisbaai en het ‘n pragtige gepaste boodskap van Dooms Peet Poggenpoel ontvang. Ons is geseënd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.