Gedagte vir die dag: Nee, dis ons

Storm_see_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ook ek en my familie het gesondig. Ons het U nie geëer nie, ons was ongehoorsaam aan die gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan u dienaar Moses gegee het. (Nehemia 1:6-7)

Die Skrif is duidelik dat die mens self verantwoordelikheid vir sonde moet aanvaar. Adam wou vir Eva blameer (en sommer vir die Here ook) en Eva vir die slang, maar beide het gesondig en beide moes die gevolge dra.

Vandag nog sien ons die ellende van sonde om ons. Ons sien regerings wat oorlog maak en dan weer kinders wie se ma’s in die oorlog gesterf het. Ons sien politici wat miljoene steel en armes wat nie weet wat hulle vanaand gaan eet nie. Ons sien ou mense wat op plase gemartel word en ander wat uit hul hele pensioen bedrieg is. Ons sien moorde en verkragtings, motorkapings en huisinbrake. Ons sien selfs kinders en diere wat wreed seergemaak word. Ons sien hoe mense mekaar belieg, bedrieg, beskinder en haatlik behandel. Dan kyk mense op na die hemel en sê: “Is dít nou ’n God van liefde?” Nee, vriend! Dis nie God nie, dis mense wat dit aan mekaar doen – dis ons! God het ons júis hierteen gewaarsku.

Hemelse Vader, dis inderdaad ons, dis die mens wat sondig. Sonde is in ons aard, ons natuur. Ons bely dit. Red ons van ons sonde! Amen.

Bron: Hier is ek, Here deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Here U genade is so groot ..my verstand kan dit nie bevat nie…..as ek om my kyk en die verval van waardes, sisteme, haat, gierigheid…eindeloos die sonde…dan kom U troos woorde…’ kom na My toe’…Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.