Gedagte vir die dag: Neem alles in

vrou_bybel_bid_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom wat die Vader in my Naam sal stuur, sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. (Johannes 14:26)

Neem ’n oomblik om jou hart en gedagtes stil te maak. Wag vir God. God sal in jou lewe spreek. Hy sal jou lei. Maar hoe sal jy Hom hoor as jy nie leer om te luister nie? Hoe sal jy Hom volg as jy nie eers leer om Hom te herken nie?

God is lief vir jou. Hy sal jou nie verlaat nie. Jy kan op hierdie waarheid staatmaak. God belowe om jou lief te hê en by jou te bly, en Hy doen dit ook.

Tog is daar talle aspekte rakende om God te ervaar en te leer om ’n dissipel te wees, wat jy vir jou kan neem of kan verwerp. Neem jou voor om alles van God te ervaar wat jy kan. Vind ’n stil plek. Word sensitief vir sy teenwoordigheid.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Von ·

Dankie Here dat U Heilige God die beste weet in U hande is ek veilig. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.