Gedagte vir die dag: Neem die swaard op

bybel_stilte_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Gebruik die swaard van die Gees, dit is God se woord. (Efesiërs 6:17)

Wanneer mans en vroue in vername posisies hulle liefde vir God die Vader uitdruk en duidelik sê dat hulle sonder Christus nie daar kon of sou gewees het nie, laat dit ons nederig voel. God het Amerika met verskeie presidente geseën wat Hom liefgehad het en wat nie skaam was om hulle verhouding met Hom bekend te maak nie. Toe Edward VI as koning van Engeland gekroon is, is drie swaarde as tekens van sy mag voor hom neergesit. Toe sê die koning: “Bring nog ’n swaard; die swaard van die Gees wat God se Woord is. Ek het dié swaard meer as enige ander nodig om boosheid te oorwin.” ~ Anoniem

Almagtige Vader, laat ons vandag die swaard van die Here opneem om seker te maak ons is goed voorberei vir elke stryd wat ons namens U moet voer. Help ons om te weet u planne sluit dinge in wat met tye vir ons wêrelds lyk, maar u planne is altyd reg en goed. Amen

Bron:
Wysheid uit die Woord deur Troy Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.