Gedagte vir die dag: Neem goeie besluite

bid_hande_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Wie is die een wat die HERE dien? Hy sal hom wys watter pad hy moet kies. (Psalm 25:12)

Die Bybel sê as jy die Here dien, sal Hy jou op jou lewenspad lei. Om Hom te dien beteken om Hom soveel te respekteer dat jy Hom in alles gehoorsaam. Wanneer jy Hom gehoorsaam, sal jy Hom volg. En wanneer jy Hom volg, sal Hy jou lei na die plekke en geleenthede waar jy Hom en ander mense die beste kan dien.

Indien jy goeie besluite wil neem, besluit eerste om God te gehoorsaam. Dan kan jy seker wees dat jou ander besluite ook in die regte rigting sal wees.

Het jy besluit om God te gehoorsaam en te volg? Hoe beïnvloed dit die manier waarop jy besluite neem?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie my Here en my Leidsman….van die weg wil ek nie afwyk nie..,ooit nie….Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.