Gedagte vir die dag: Neem toe in heiligheid

see_vrou_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, moet julle julle daarvoor beywer om vlekkeloos en onberispelik voor God, en in vrede met Hom, te lewe. En beskou die geduld wat ons Here met ons het as geleentheid om gered te word. (2 Petrus 3:14-15)

Petrus se slotwoord aan sy lesers spoor hulle aan om, terwyl hulle besig is om Jesus se wederkoms te verwag, heilig te leef en die geduld wat God met hulle het te gebruik as ’n geleentheid om gered te word.

Daar is baie mense wat nie kan besluit of hulle kans sien om hulle hele lewe aan God toe te vertrou nie. Miskien is jy een van hulle. God wil jou vandag nog ’n kans gee om sy kind te word. Moenie langer huiwer om dit te doen nie.

En indien jy reeds ’n Christen is, begin sommer nou om voluit soos een te lewe sodat jy kan toeneem in die genade en kennis van God. Gebruik ook elke geleentheid om mense aan te moedig om Jesus se Blye Boodskap te aanvaar.

Here Jesus, dankie dat ek reeds my lewe aan U kon toevertrou. Help my om toe te neem in heiligheid en elke kans wat ek kry te gebruik om ander mense van U te vertel. Amen.

Bron:
Geskenk van genade deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Christine ·

Dankie vir my tweede kans, Here. Laat u Heilige Gees my lei om heilig te lewe. Amen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.