Gedagte vir die dag: Net een pad hemel toe

pad_woud_stiltetyd_pixabay.jp

Foto: pixabay.com

Lees Johannes 14:1-14

Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom. (Johannes 14:6-7)

In vergelyking met ons aardse lewe sal ons lewe in die hemel ’n veel langer tydperk beslaan. Alle dinge wat ons op aarde doen, behoort eintlik ter voorbereiding vir ons eintlike lewe – die ewige lewe – te wees.

Tog bly die aarde belangrik. Die manier hoe ons hier op aarde lewe, bepaal uiteindelik of ons in die hemel gaan kom of nie. As ons op aarde weier om in Jesus te glo, sal ons nooit in die hemel beland nie. Ons lewenspad op aarde het net twee bestemmings: óf die hemel óf die hel. En jy mag nou reeds seker wees waarheen jy op pad is, jou eintlike bestemming. Johannes verduidelik dit so eenvoudig dat selfs ’n kind dit kan verstaan: ‘God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie. Hierdie brief skryf ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo’ (1 Joh 5:11-13).

Glo jy in Jesus as jou Verlosser? Dan hét jy reeds die ewige lewe, dan weet jy seker dat jy nou reeds onderweg is na die hemel. Moenie langer aarsel om jou lewe aan Jesus toe te vertrou nie.

Here Jesus, ek besef nou dat daar vir my net twee bestemmings is: die hemel of die hel. Ek loof U dat ek seker weet dat ek aan U behoort, en dat die ewige lewe dus reeds myne is.

Bron:
Leef in Sy lig deur Nina Smit
Uitgewer: Struik
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

MCH ·

Johannes 3:13 ” En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is. “

Anne ·

Baie dankie vir die gedagte van die dag.Dit beteken baie vir my.Waardeer dit!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.