Gedagte vir die dag: Net reg

heart-791870_1280.jpg

Foto: pixabay.com

Die hele wet is saamgevat in een opdrag: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” (Galasiërs 5:14)

Persoonlike verhoudings is nooit volmaak nie. Dit gebeur selde dat mense gelyke pasmaats is of dat die verhouding altyd soomloos wederkerig is. In ons verhoudings met vriende, familie, kollegas of kennisse kan dit voel of ons té min of té veel kry. Ons verwagtings kan in so ’n mate oortref word dat dit ons ongemaklik laat voel, of dit kan gebeur dat daar glad nie aan ons verwagtings voldoen word nie.

Dis die gewone eb en vloed van gewone mense met uiteenlopende emosies en omstandighede. Hoe gouer ons daarmee vir lief neem – en aan ander dieselfde genade bewys wat ons so desperaat begeer – hoe gelukkiger sal ons wees.

Nogtans kan ons steeds ons bes doen om ons verhoudings so goed en so God-verheerlikend moontlik te maak. Goeie verhoudings gebeur nie maar net nie. Die voortdurende bestuur van ons interaksies met mense verg moed, doelbewuste onbaatsugtigheid en onderskeiding om hulle reg te lees sodat ons hulle in die middel van hul storie kan ontmoet.

Hoe kan jy vandag doelbewus die Gouelokkies-faktor in iemand se lewe wees – nie te min of te veel nie, nie te sag of te hard nie, nie te warm of te koud nie, maar net reg?

Here, ek vra vir uitsonderlike insig in die mense wat U in my lewe geplaas het om lief te hê sodat ek hulle reg kan liefhê. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elize ·

Ja Here soms probeer ons so hard om mense en dinge om ons gelukkig te hou om net genoeg vriende te behou as gevolg van die sameleweing en net te beroemde te wees maar al wat U vra wees goed en wees Lief vir My en hou vas aan My en wardeer wat EK vir julle gee en doen EK is en was en sal altyd die Koning Vader Pappa wees hou My in julle gedagte en Hart

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.