Gedagte vir die dag: Net tien minute kan jou dag verander

sonsopkoms-man-wat-bid

Foto: living365withjesus.wordpress.com

Wees stil voor die Here. (Sagaria 2:13)

Ons het nie tyd nie, sê ons vir mekaar. Nie tyd vir onsself, vir mense wat vir ons belangrik is en veral nie vir ons Vader nie. Ai, en dan mis ons so baie. Dan mis ons hoe Hy vroeg soggens reeds die donskombers van liefde oor ons harte vou; ons mis sy bý-ons-wees as dit moeilik gaan; ons mis die mooi van elke dag.

Die Daily Awareness Exam is ’n tienminuut-gebed wat jou kan help om die dag met moed aan te pak. Wil jy dit nie sommer nou doen nie?

  • Raak stil en haal lekker diep asem.
  • Probeer sien hoe God oor jou waak, met liefde na jou kyk en sy hand na jou toe uitsteek.
  • Sit al die dinge van die vorige dag, al jou bagasie sommer net daar by Hom neer.
  • Vra Hom om hierdie dag saam met jou in te gaan.
  • Dink oor die dag wat voorlê en praat met Hom oor die dinge waaroor jy bekommerd is, waarna jy uitsien, waarvoor jy bang is, wat jy graag wil doen …
  • Vra Hom om in alle aspekte van jou lewe saam met jou te gaan en jou gedurig met sy genade te omvou.
  • Sê vir Hom dankie dat Hy saam met jou reis … jou nooit alleen sal laat nie.

Gee vir God ten minste tien minute elke dag. Dit kan jou héle lewe verander.

Here, gaan die dag saam met my … heeldag.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

neelsie ·

Dis so baie waar.
Maak tyd vir God, dan sal daar tyd wees vir al die ander “belangrike “goed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.