Gedagte vir die dag: Nie jy nie. Hý sal.

God-se-skepping-wie-is-die-mens

Foto: Bethelgospelradio.co.za

Dit is die Gees van die Here wat vir jou sukses sal gee. (Sagaria 4:6c, Die Boodskap)

Dit gebeur soms dat dinge nie uitwerk soos ons gehoop het nie. Of dat ons teleurstellings en selfs mislukkings moet verwerk. Sulke tye is dit maklik om aan jouself en selfs ook aan God se trou te begin twyfel.

Die boek Sagaria is geskryf in ’n tyd toe dit moeilik gegaan het in Juda se geskiedenis. Die mense was arm, het gesukkel om aan die lewe te bly, daar was verhoudingspannings onder mekaar en ander volke. Kortom: Hulle het alle rede gehad om moed op te gee. En dis in hierdie tyd wat die Here vir Sagaria gebruik om sy volk moed in te praat en hulle te troos.

Een van die mooiste gedeeltes vind ons in Sagaria 4:6b-7b. Maak die gedeelte soos in Die Boodskap vandag ook jou eie:

“Jy sal nie suksesvol wees deur militêre mag te gebruik nie. Dit sal jou ook nie help om op jou eie krag staat te maak nie. Dit is die Gees van die Here wat vir jou sukses gee. Dit is wat die Here sê!” Geen probleem of struikelblok sal in sy (jou) pad staan nie. Al voel dit soos ’n berg wat in sy (jou) pad staan, dit sal gelyk gemaak word soos ’n plat vlakte.

God sal vir jou gee wat jy nodig het: vir vandag, vir môre, vir altyd.

Dankie dat ek deur U alles kán hanteer, Vader-God.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

yulandy ·

Dit is voorwaar baie belangrik dat n mens NET op GOD moet vertrou!Amen.dankie vir die mooi boodskap.

neelsie ·

Vertrou God met alles.(nie net met die groot goed nie)
“Verbly jou in die Here”-onder alle omstandighede.

NL ·

Ag, dis so mooi. Werklik inspirerend. God wil he ons moet volhard, en aanhou glo.

jenny ·

Hi daar
Onvoorwaardelik met jy jouself in Hom verloor. Hy, jou Skepper, het jou onvoorwaardelik lief en het reeds Sy Lewe vir jou gegee. Vertrou Hom met alles wat jy is/het. Sy Woord se, ons moet Hom liefhe/bemin met ons hele hart, met ons hele siel, met ons hele verstand en al ons kragte. Dit my liewe boetie en sussie beteken van jou kop tot jou voetvel. Net vir Hom, geheel en al. liefde, ekke

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.