Gedagte vir die dag: Nie net sleg nie

 mense_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die wonde veroorsaak deur iemand wat lief is vir jou is baie beter as die baie soene wat jou vyande jou wil gee. (Spreuke 27:6)

Dis amper altyd baie moeilik om kritiek aan te hoor. Maar dalk het jy ook al ’n vriendin gehad wat dinge gedoen het wat gedreig het om haar lewe te ruïneer, en net voordat dinge ontplof het, was jy bereid om haar te waarsku of tereg te wys, al het jy die risiko geloop om die vriendskap te verloor. Omdat jy so lief is vir jou vriendin, wou jy hê sy moet die rampspoed ten alle koste vermy, selfs al sou dit die einde van jul vriendskap beteken.

As ons dapper, pragtige lewens wil lei, moet ons bereid wees om dieselfde soort behandeling te aanvaar. Wanneer ’n vriendin dapper genoeg is om die risiko te loop om ons seer te maak sodat sy ons innig en eerlik kan liefhê, behoort dit ons te skok sodat ons ons manier van dinge doen, revalueer – of berou betoon en daarvan wegdraai.

Kan jy ’n lysie in jou kop maak van vriende, kollegas, kennisse of familielede wat jy weet net vir jou sal vertel wat hulle dink jy wil hoor? Wie sal vir jou die waarheid vertel? Wat kan jy doen om jou verhouding te versterk met dié wat die waarheid sal praat?

Here, omring my asseblief met vriende wat my lief genoeg het om my met die waarheid seer te maak. Leer my ook hoe om so ’n sagmoedige, staatmakervriendin vir ander te wees. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.