Gedagte vir die dag: Niemand soos Jesus nie

skare_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Wil julle nie ook weggaan nie? (Johannes 6:67)

Baie het Christus versaak. Hoekom sou jy só ’n verandering maak? Is jy ooit in die steek gelaat toe jy eenvoudig op Jesus vertrou het? Was Jesus nie altyd ’n meelewende en vrygewige vriend nie? Ons het die vreugde van verlossing; hoekom dit prysgee? Wie ruil goud in vir modder? Ons sal nooit die son prysgee tot ons ’n beter bron van lig gevind het nie, en ons sal nooit ons Here verlaat tot ’n beter beminde op die horison verskyn nie. En dit sal nooit gebeur nie.

Wanneer dinge in hierdie wêreld uitsonderlik moeilik is, vind ons dit baie ontspannend om in ons Verlosser te rus. Ons sê saam met Petrus: “Here, na wie toe sal ons gaan?” (Joh. 6:68).

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.