Gedagte vir die dag: Niks goeds weerhou nie

sonsondergang_wolke_son_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

’n Son en skild is die Here God. Die Here gee genade en eer. Hy sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie. (Psalm 84:12)

Jy moet dit dalk teen die yskas sit. Of dit jou harnas maak vir wanneer jy jou op kranse van swaarkry bevind.

Die Here is jou son; Hy gee vir jou lig wanneer jou wêreld donker word. Hy is jou skild; Hy beskerm jou teen die vyand se pyle. Hy gee vir jou genade: daaglikse, onverdiende guns, en sy ontferming is elke môre nuut (2 Kor. 12:9; Klaagl. 3:23). Hy gee vir jou eer – sý eer wat in jou lewe weerspieël word om Hom te verheerlik.

As jy vertrou op sy geregtigheid en nie joune nie, sal Hy nie die goeie van jou weerhou nie. Dit beteken as vryheid van jou omstandighede goed is vir jou – in koninkryksin, ’n meer-soos-Christus-sin – dan sal God dit nie van jou weerhou nie. Dis moeilik om dit te aanvaar, maar of iets vir jou goed voel, is nie die bepalende faktor nie. As God vryheid of genesing of verligting van worsteling of ongerief weerhou, is daar ’n uitstekende, pragtige rede daarvoor.

Sal jy dapper wees en vertrou dat God iets goeds in jou lewe tot stand wil bring?

Jesus, dis moeilik om te glo dat daar ’n rede is hoekom U iets van my weerhou wat ek dink so goed sal wees. Tog is U God; nie ek nie. Versterk my geloof! Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Moedeloos ·

Ja, ek moet eerlik wees, dit IS moeilik om te verstaan (en te aanvaar!) wanneer Hy dinge weerhou. Ek bid al meer as n jaar vir een ding, NET een ding, maar Hy weerhou dit, dis asof Hy nie daar is nie, asof Hy my nie hoor nie.
En in alle eerlikheid, kan ek terugkyk na die afgelope 20 jaar en nie n enkele goeie ding wat voorgespruit het uit my swaarkry, identifiseer of raaksien nie. Ek verstaan nie God se weë nie en ek verstaan nie die lewe nie.

Hannelie ·

Moedeloos ek kan sien dat jy regtig moedeloos is. MAAR onthou dis nie God wat die ding waarvoor jy vra van jou weerhou nie. En die dinge wat die afgelope 20 jaar met jou gebeur het, is nie deur God se toedoen nie. Die duiwel maak mens baie dinge wys, en dan voel jy later dit is God se skuld. Maar dit is nie! Net jy kan die regstel, deur die duiwel te wys jy sal nie deur hom ondergekry word nie. Ek het ook ‘n paar taai klappe gekry in die afgelope paar jare, maar ek het nie die vinger na God gewys nie, inteendeel ek het na Hom gegaan om my uit hierdie diep donker gat te lig. Ek het ook nie getwyfel in God nie, al het dit soms bitter gegaan. Maar Hy het my weer lig laat sien, want ek het geweet dat die duiwel weet wanneer jy op jou swakste is, dan slaan hy toe. Ek bid vir jou dat jy weer die son sal sien skyn.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.