Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of bose magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here. (Romeine 8:38–39)
Wanneer jy eenmaal die diepte en die wydte en die krag van God se liefde vir jou ervaar het, wanneer jy eenmaal jou hart vir Hom oopgemaak, jou sonde bely en Jesus se kruisdood as betaling vir jou sondes aanvaar het, kan niks jou van God se liefde skei nie. Wanneer jy met jou hart glo en met jou mond bely en uit dankbaarheid gehoorsaam is aan sy opdragte, kan niks jou van sy liefde skei nie.
Paulus maak ’n lys van dinge wat hom bang maak. Maak jou eie lysie. Moet niks vir jouself of vir God wegsteek nie. Bekyk dit goed en besluit of jy met die almagtige God aan jou kant nog bang is. Skeur dan die lysie op en dink nooit weer daaraan nie. Jesus het immers die grootste vyand wat daar is, naamlik die dood, vir ons oorwin. Manlik of vroulik, niemand is uitgesluit nie. Jesus sê dit reeds voor sy dood en opstanding vir Lasarus se suster Marta: ‘Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook, en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?’ (Joh 11:25).
Glo jý dit? Hy wil dit met sy liefde bevestig.
Hou u liefde oor ons, Here, want ons stel ons vertroue in U (Ps 33:22).
Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media
Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital
n Wonderlike gemoedsrus om te weet NIKS kan ons van God se liefde skei nie. Watter voorreg! Dankie Here
Dit is ‘n groot waarheid maar ook ‘n halwe een; hierdie vers word baie gekwoteer, net soos Jer 29:11. Lees gerus Jer 29:12-14, sien die Terme & Voordwaardes. Terwyl niks ons kan skei van Sy Liefde nie, is dit baie maklik om Sy guns mis te loop, as indiwidu, as gesin, as familie, as kerk, as volk selfs. Ons moet leer om te gehoorsaam, bestudeer die boek Job intiem. https://petehendriksson.wordpress.com/2016/07/28/why-whites-in-africa/ Ek skryf in Engels want mense lees nie my Afrikaans nie, maar wel die Engels verbasend graag.